Menseregtedag oor twee dae in Windhoek gevier

Menseregtedag word jaarliks op 10 Desember herdenk. Die Universele Deklarasie van Menseregte is in 1948 deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aanvaar. Vanjaar se tema is “All human beings are born free and equal in dignity and rights.” Anthea Basson, hoof van die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum, sê Menseregtedag word op 8 en 9 Desember by die Franco Namibiese Kultuursentrum gevier.