Mensehandel-Namibiërs terug uit Oman
In 2022 is 27 Namibiërs tussen die ouderdomme van 27 en 40 as slagoffers van mensehandel in Oman aangemeld. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge-ministerie, het ‘n opdatering gegee en is tevrede met hoe die kwessie in Oman hanteer is. Uit die een-en-vyftig Namibiërs wat aanvanklik in Oman was, het sewe-en-twintig teruggekeer na Namibië. Drie het verkies om vir verdere studies of werk na Duitsland of Brittanje te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naanda, wat sê hulle pogings was suksesvol.