Mense ‘sterf weens medisyne-krisis in hospitale’

Die gebrek aan medisyne in hospitale en klinieke was weer op die voorgrond in die parlement. Tydens vandag se spesiale sitting het die Republikeinse Party-parlementslid, Lucia Tjiveze, gesondheidminister Kalumbi Shangula gevra vir ‘n opdatering van die situasie. Tjiveze beweer dat mense sterf omdat hulle tweede opsie-medisyne gegee word, omdat die eerste opsie nie beskikbaar is nie. Meer as 85 persent van die bevolking is afhanklik van openbare gesondheid en maatskaplike dienste. Dit sluit in 322 klinieke, 56 gesondheidsorgsentrums, 34 distrikshospitale, vier intermediêre hospitale en een nasionale verwysingshospitaal.