Mense sal sodomie-uitspraak moet aanvaar

Die uitspraak in die grondwetlike uitdaging van die sodomiewet in Namibië bly net nie uit die nuus nie. ‘n Volbank regters het die wet as ongrondwetlik verklaar en in die aansoeker, Friedel Dausab, se guns beslis. Die ombudsman, Basilius Dyakugha, het vroeër gesê hy verstaan nie waaroor Dausab gekla het nie. Reaksie hierop is ontvang van Linda Baumann ‘n LGBT-aktivis, wat sê die openbare sektor moet eenvoudig aanpas.