Mense met inligting oor Spencer, vermoorde konstabel, kom asb na vore

Die saak van die vyf-jarige Spencer Mandela Nakale wat in Desember verlede jaar by Lüderitz vermis geraak is het, is steeds nie opgelos nie en dit is asof hy spoorloos verdwyn het. Die ondersoek duur steeds voort en Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga het weer ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting.

Kuwinga sê die mag soek ook na die persoon of persone wat konstabel Talamondjila Petrus in Augustus vermoor het.