Mense met aappokke in Duitsland moet 21 dae isoleer

Duitsland se minister van gesondheid, Karl Lauterbach, sê mense met aappokke moet vir ten minste 21 dae isoleer om die uitbreking te stuit. Lauterbach sê sy ministerie het tot dusver 40 000 dosisse van Bavarian Nordic se Imvanex-pokke-entstof bestel, ter voorbereiding van sy inentingsveldtog. Die hoof van die Duitsland se Robert Koch-instituut vir oordraagbare siektes, Lothar Wieler, het bevestig vyf gevalle is in die land aangemeld. Volgens die jongste berigte toets Moderna moontlike aappokke-entstowwe.