‘Mense is nie hoenders nie, gee hulle ‘n kans om iets te skep’

Reaksie word ontvang op kommentaar deur Jacques Broodryk van AfriForum in Suid-Afrika oor die amper 30 miljoen mense in die buurland wat maatskaplike toelae ontvang teenoor 5 miljoen belastingbetalers. Daar is sommige wat meen dat toenemende toelaes, wat ook in Namibië voorkom, deel uit maak van die Afrika-realiteit as gevolg van armoede, maar, die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala sê die aanname is verkeerd.