Mense gee meer virusse aan diere as hulle aan ons, het ‘n studie gevind

Sommige van die dodelikste siektes wat die mensdom gekry het, kom van viruse wat van ‘n dier na mense oorgespring het, bv. die virus wat Vigs veroorsaak kom van ‘n sjimpansee af. Sommige kenners glo dat die virus wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het van ‘n vlermuis gekom het, maar ‘n nuwe studie toon dat hierdie uitruiling van viruse nie ‘n eenrigtingstraat is nie. ’n Ontleding van al die beskikbare virale genoom-volgordes het ’n verrassende resultaat opgelewer en wys dat mense meer virusse, omtrent twee keer soveel, oordra aan diere as wat hulle aan ons gee. Die navorsers het na byna 12 miljoen virus-genome gekyk en byna 3 000 gevalle opgespoor van virusse wat van een spesie na ‘n ander spring. Daarvan is 79% van viruse van een dierspesie na ‘n ander dierspesie, en die oorblywende 21% het mense betrek. Van die 21% was 64% daarvan mens-tot-dier-oordragte, bekend as antroponose, en 36% was dier-tot-mens-oordragte, genoem soönose. Die diere wat deur antroponose geraak is, sluit in troeteldiere soos katte en honde, mak diere soos varke, perde en beeste, voëls soos hoenders en eende, ape soos sjimpansees, gorillas en brulape, en ander wilde diere soos wasbere, swart-getinte marmosette en Afrika sagte-bontmuise. Veral wilde diere was baie meer geneig om mens-tot-dier-oordrag te ervaar as andersom.

Foto verskaf.