Mens-dier-konflik uitbetalings styg: Shifeta

Die kabinet het verlede week hersiene betalings onder die Mens-dier-konflik Self-afhanklikheidskema aangekondig, wat op 1 September in werking tree. Dit is om die negatiewe uitwerking van mens-dier konflikte te verreken en om gemeenskappe te ondersteun. Omgewing- en toerisme-minister Pohamba Shifeta het by ‘n perskonferensie gesê dat begrafnisdekking gestyg het na 100 000 Namibiese dollar.

Shifeta het ook gesê nagenoeg 2 000 diere van verskeie spesies moet uitgedun word weens die droogte. Sekere prosedures moet gevolg moet word om nie verhoudinge met buurlande te versuur nie.