Menopouse veroorsaak 900 000 bedankings jaarliks in Brittanje

Daar is kommer in Brittanje met die verlies van veral ervare vroulike werkers. Volgens berigte uit daardie land, verlaat een uit tien vroue hul poste jaarliks as gevolg van menopouse-simptome. Dit lei tot ongeveer 900 000 bedankings ‘n jaar. Die Arbeidersparty het ‘n plan voorgestel om die bedankings, wat groot verliese aan sake beteken, te stuit. Peter Kyle van die party het met Britse media gepraat.