Menendez-broers ‘n stap nader aan vrylating
Lyle en Erik Menendez kan vrygelaat word nadat hulle meer as 30 jaar agter tralies deurgebring het vir die moord op hul ouers. Die broers sal vandag per videoskakel in die hof verskyn, om die volgende stappe in hul saak te bespreek, nadat die Los Angeles-distriksaanklaer ingestem het om die saak weer te ondersoek. Lede van die Menendez-familie het ‘n openbare pleidooi gerig vir die broers se vrylating. Hulle beweer hulle pa het hulle blootgestel aan geweldadige seksuele misbruik. Die familie meen die broers is nie ‘n gevaar vir die samelewing nie.