Meld seksmisdrywe aan, moenie inligting weerhou

Nampol in Rehoboth doen ‘n ernstige beroep op die publiek om seksmisdrywe aan te meld en nie kritieke inligting te weerhou wat die polisie kan help nie. ‘n Anonieme Facebook-gebruiker het die naweek ‘n beweerde poging tot verkragting van ‘n minderjarige in ‘n plasing in ‘n gemeenskapsgroep genoem. Die polisiemag se misdaadondersoek-koördineerder vir Hardap, adjunkkommissaris Eric Clay, sê beamptes is dadelik gestuur om die saak te ondersoek. Die beweerde beskuldigde is aan die polisie bekend, maar sonder ‘n aangemelde misdaad kan hulle egter nie optree nie.