Meld bedrog by Sekuriteitsvereniging aan

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië doen ‘n beroep op die publiek om bedrog by hul kantoor aan te meld. Hulle het talle klagtes ontvang oor die bedrieglike gebruik van sy sertifikate deur nie-lede. Hierdie swendelary word uitgevoer om tenders en kontrakte te bekom deur die wanvoorstelling van hulself as lede van die vereniging. Celeste Lucas, die nasionale administrateur van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie bedrog word baie ernstig opgeneem en regstappe sal geneem word om te verhoed dat dit plaasvind.