Melania ondersteun aborsieregte ten volle

Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, sê sy glo daar is geen ruimte vir toegewings as dit ‘n vrou se individuele vryheid betrek nie. The Guardian het uittreksels uit haar komende boek gepubliseer, waarin sy sê sy ondersteun aborsieregte, sonder enige ingryping of druk van die regering. Haar verdediging van aborsieregte is die teenoorgestelde van haar man se posisie, ongeveer ‘n maand voor verkiesingsdag. Voormalige president Donald Trump het herhaaldelik gesê hy sal ‘n federale aborsieverbod veto en die kwessie moet aan die state oorgelaat word om dit te reguleer.