Mej. Wêreld vir 90 dae uitgestel

Die Mej. Wêreld-kompetisie is vir 90 dae uitgestel ná bevestigde Covid-19-gevalle. Sewentien gevalle is geïdentifiseer onder deelnemers en tegniese personeel van die kompetisie. Die organiseerders sê volgens mediese deskundiges is die volgende stap onder sulke omstandighede onmiddellike kwarantyn, gereelde waarneming en opvolgtoetse. Deelnemers en ondersteuningspersoneel sal eers na hulle onderskeie lande kan terugkeer wanneer gesondheidsbeamptes en raadgewers tevrede is dat hulle gesond is. Annerie Maré wat Namibië verteenwoordig het nie positief getoets nie en sal in Puerto Rico bly tot die kroning plaasvind.