Mej. Namibië-skoonhede die naweek op Swakop gekroon

Spieëltjie spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste meisie in die land? Swakopmund wemel van skoonhede met die top-tien finaliste wat reeds op die kusdorp is om die mooiste meisie in Namibië aan te wys. Mej. Tiener Namibië word Vrydagaand by die MTC Namibia Dome gekroon en Mej. Namibië Saterdagaand. Woordvoerder van Mej. Namibië Beaulah Boois het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…