Mej. Namibië se top-10 finaliste vanaand aangewys

Die top-tien finaliste van Mej. Namibië 2023 word vanaand in die hoofstad bekend gemaak. Om vir die gesogte posisie van Mej. Namibië mee te ding, het die 30 semi-finaliste vandeesweek onderhoude met beoordelaars gehad om aan die finale kompetisie in Swakopmund deel te neem. Die top-tien finaliste van die Mej. Tiener-kompetisie is Vrydagaand tydens ‘n glansryke geleentheid aangewys. Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië word deur die nasionale uitsaaikorporasie NBC georganiseer.