Mej. Aarde: Albertina behaal top-12

Australië is aangewys as Mej. Aarde 2024 in die Filippyne. Namibië se verteenwoordiger, Albertina Haimbala, het die top-12 finaliste gehaal maar het ongelukkig nie na die top-agt deurgedring nie. Die kompetisie het baie goeie talent uit lande soos die Dominikaanse Republiek, Puerto Rico, die VSA, Peru, Kabo Verde, Australië, Ysland en Rusland gesien, wat almal hul plekke in die top-agt verseker het.