Meisies suip aan die agterspeen met opvoedingJuly 1, 2021
Volgens Unesco se Globale Onderwysmoniteringverslag het meer meisies in die laaste 25 jaar primêre skool in Afrika benede die Sahara voltooi. Die koers het van 41 persent tot 66 persent gegroei, maar sommige lande is nog baie ver agter met die laagste voltooiingsyfers van laerskool in die wêreld. Die Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het hieroor met Kosmos 94.1 Nuus gesels.