Meisie, 8,herhaaldelik verkrag… ma werk nagskof 

Volgens ‘n polisieverslag het ‘n 12-jarige seun na bewering herhaaldelik ‘n agt-jarige meisie verkrag in Omafo in die Ohangwena-streek. Die slagoffer se ma, wat nagskof werk, het haar gereeld na die seun se huis geneem om oor te slaap terwyl sy werk. Die meisie se ouma het dat sy die seun se kamer deel weens ‘n gebrek aan slaapplek, en die beweerde voorvalle het daar plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die aktivis Zack Itodo, wat sy bekommernisse en mening oor die saak deel.