Meisie, 7, vermoor en vermoedelik verkrag

NamPol het nog ‘n grusame moord op ‘n jong meisie aangemeld. Die sewe-jarige is ook vermoedelik verkrag. Volgens NamPol is die liggaam van Einoritha Mhopyeni Maandagmiddag in ‘n verlate huis by die ou dadelplaas naby Mariental ontdek. Die naakte lyk is deur ‘n verbyganger gevind wat vuurmaakhout versamel het. ’n Bloedbevlekte baksteen is langs haar lyk gevind. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê ‘n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel.