Meisie, 6, dood na krokodil haar vang

‘n Ses-jarige meisie in die Kavango Oos-streek dood na sy in die Kavangorivier deur ‘n krokodil gevang is. Daar word berig Nangura Mukerenge het in die rivier gaan bad. Maar, die gebied, ook by die Rucara Gekombineerde Skool waar sy ‘n graad 1 leerder is, het boorgate wat water aan die gemeenskap voorsien en dus is daar geen rede hoekom sy in die rivier hoef te bad nie. Familielede het blykbaar gesê sy het by die rivier gaan speel.