Meisie, 15, oor en oor verkrag vir kos

‘n Gru-verkragtingsaak is op Khorixas aangemeld, waar ‘n Namibiese man gedurende verlede jaar ‘n 15-jarige meisie herhaaldelik verkrag het. Hy het haar blykbaar na sy huis toe gelok met die belofte van kos. Die kind het swanger geraak en geboorte geskenk aan ‘n baba-seun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige ombudsman, advokaat John Walters, oor minderjarige meisies wat weekliks regoor die land verkrag word. En, mees ontstellend in hierdie geval, dat die meisie deur beloftes van kos gelok is. Hy sê dit is ‘n tragedie dat meisies hulle liggame moet verkoop om aan die lewe te bly.