Meisie, 10, verkrag op pad huistoe

Die Namibiese polisie sê ‘n meisie van 10 jaar oud is by die Okaluwa-nedersetting verkrag. Volgens die mag was sy en nog ‘n meisie op pad huis toe van die skool af en die verdagte het op hulle afgekom, hulle gejaag en die slagoffer gevang, verkrag en aangerand. Die 20-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sal vandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn.