Meisie, 10, jongste om van Robbeneiland na Bloubergstrand te swem
‘n Graad-vyf-leerder van die Laerskool Van Riebeeckstrand het ‘n nuwe rekord opgestel as die jongste swemmer om van Robbeneiland na Bloubergstrand te swem. Die tienjarige Karli Fourie het die afstand van 7,4-kilometer van Robbeneiland saam met die veteraanswemmer Howard Warrington in drie-uur-vier-minute afgelê. Sy het die swemtog aangepak om 50-duisend-rand in te samel vir die welsynsorganisasie Home From Home, wat pleegkinders in die Wes-Kaap ondersteun.