Meeste ouers, skoolgemeenskappe gekant teen Bela-wet: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die voorleggings van die meeste van dié wat die openbare sittings oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys bygewoon het, asook talle geskrewe voorleggings, maak dit duidelik die meerderheid ouers en skoolgemeenskappe in die provinsie is gekant teen die voorgestelde Bela-wet. Die woordvoerder van die VF Plus, Anton Alberts, sê die ANC het die menings ignoreer in weerwil van vorige Konstitusionele Hof-uitsprake.