Meeste bewerkbare, onbewerkte en vrugbare grond is in Afrika

Die voorsitter van B20 Indië Aksieraad vir Afrika-ekonomiese integrasie sê Afrika se bewerkbare, onbewerkte en vrugbare grond kan ‘n oplossing vir die wêreldwye voedselkrisis bied. Sunil Bharti Mittal glo om Afrika aan te neem vir landbou kan die wêreld verander. Hy sê die vasteland het groot hoeveelhede onbewerkte grond wat vir landbou gebruik kan word, en die sektor beskik oor die potensiaal om ekonomiese groei en ontwikkeling aan te vuur. Mittal beklemtoon ook die behoefte aan groter belegging in die sektor.