Meer oor Spaanse toeris wat in Pilanesberg vertrap is

‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n Spaanse toeris Sondag in die Pilanesberg Nasionale Park in Noordwes deur ‘n olifant gedood is. Die 43-jarige man het uit sy motor geklim om ‘n olifant van nader te beskou. Noordwes se Parke- en Toerismeraad sê volgens verklarings deur ooggetuies het die olifantkoei op die man afgestorm en hom aangeval, vermoedelik om haar trop te beskerm. Die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die man was saam met drie ander toe die voorval plaasgevind het: