Meer onafhanklike kragprodusente dalk nodig: Alweendo
Energie-minister Tom Alweendo doen ‘n beroep op elektrisiteitsverskaffers om hulself te herstruktureer om in die vraag na elektrisiteit te kan voorsien. Hy het by die Erongo RED-belanghebbendes-beraad in Swakopmund die organisasie van elektrisiteitsmaatskappye bevraagteken en gesê dat daar dalk ‘n behoefte is aan meer onafhanklike kragprodusente. Die minister moedig onafhanklike produsente aan om platforms soos die beraad en ander forums te gebruik om beter institusionele reëlings te vind om die vraag en aanbod van elektrisiteit te verbeter. Hy sê die hele idee van onafhanklike produsente is nie om op openbare sektor-beleggings staat te maak nie, maar eerder om volhoubare private sektor-beleggings te hê.