Meer miljarde om skuld te betaal as om land te ontwikkel

Volgens die Tender Bulletin sal die regering 12,8 miljard Namibiese dollar bestee om sy nasionale skuld in die 2024/25 boekjaar te diens, wat 35 persent hoër is as die 9,47 miljard dollar wat vir ontwikkelingsprojekte uit sy eie fiskale hulpbronne toegeken is. Selfs met die byvoeging van 3,1 miljard dollar aan buitelandse ontwikkelingstoelaes en -lenings, is die totaal van 12,6 miljard dollar vir beleggingsprojekte steeds minder as wat aan rentebetalings bestee word. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu, van die departement ekonomie by Unam oor hierdie syfers gesels.