Meer mense as werksgeleenthede – Nujoma

Die kwessie van jeugwerkloosheid het weer in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom gedurende verskeie ministeries se begrotingsredes. Arbeid-minister Utoni Nujoma sê dat die situasie aan die verbeter is, alhoewel werkloosheid vinniger groei as die ekonomie. Gewoonlik gebeur dit weens ‘n wanverhouding tussen vaardigheid en opleiding, en werkskepping.

Die jeug-minister, Agnes Tjongarero, het in haar begrotingsrede ‘n oplossing vir jeugwerkloosheid gebied, deur meer lenings aan die jeug te gee. Die ministerie se kredietskema is volgens Tjongarero weer op die been.