Meer kameras lei na meer arrestasies

Die Stad Kaapstad sê sy Metropolisie-strategiese opsporingseenheid het ‘n toename gehad in die aantal voorvalle vir drie agtereenvolgende kwartale. Dit is as gevolg van meer kameras wat geïnstalleer is. Die eenheid het van April tot Junie verlede jaar 7 339 voorvalle aangemeld, insluitend misdaad, vandalisme en motorvoertuigongelukke. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê geslotekring-beeldmateriaal is ongelooflik bruikbaar vir ondersoeke en die vervolging van verdagtes.