Meer inwoners, minder werk – klein dorpies se stryd

Meer as drie dekades na onafhanklikheid is dit duidelik dat armoede, ongelykheid en werkloosheid erger geword het, wat jeugproteste teen werkloosheid tot gevolg gehad het. Armoede is een van die grootste uitdagings waarmee baie gemeenskappe in Namibië te kampe het en Okahandja is geen uitsondering nie. Volgens Sydney Gariseb, ‘n aktivis van Okahandja, groei die dorp se bevolking en ekonomiese aktiwiteite neem af, en daar is geen werkskepping nie.