Meer inligting oor Liam Payne se dood vrygestel

Aanklaers en polisie het meer inligting bekendgemaak oor die omstandighede rondom die dood van die voormalige ster van One Direction, Liam Payne. Hy is Woensdag dood nadat hy van ʼn balkon van ʼn hotelkamer in Buenos Aires, Argentinië, geval het. ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal hy is weens verskeie traumabeserings en bloeding dood. ʼn Plaaslike ambulansdiens het Payne gevind waar hy op ʼn patio by die hotel lê. Volgens hulle was die beserings noodlottig en daar was geen moontlikheid om hom by te bring nie.