Meer grootmensdoeke nodig in Japan as babadoeke

Doeke vir volwassenes verkoop steeds meer as babadoeke in Japan, met die geboortesyfer wat daal en die gemeenskap wat verouder. Met 29-persent van die bevolking ouer as 65, word geskat die mark vir volwassene-doeke sal teen 2027 met 16-persent groei tot meer as 10,7 miljard Namibiese dollar, terwyl babadoeke met agt-persent sal krimp tot 9,5 miljard dollar. Die doekemaatskappy, Oji Holdings, gaan nie meer babadoeke verkoop nie en Daio Paper sê hy het die vervaardiging van doeke vir volwassenes opgestoot, hoewel dit steeds babadoeke ook vervaardig.