Meer dwelms sal land inkom omdat vervoermaatskappy oor vakansie sluit
NamPol het hul dwelmstatistieke vir Oktober bekend gemaak. Daar is onder andere beslag gelê op honderde kilogramme dagga, meer as 1 400 Mandrax tablette en 186 eenhede crack-kokaïen. Altesaam 191 verdagtes is gearresteer, waarvan 177 Namibiërs is. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van die Nampol-dwelmeenheid, Hermie Van Zyl, gesels wat die publiek aanmoedig om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. Hy sê het dat meer dwelms die land sal binnekom voor die vakansieseisoen.