Meer bouplanne vir Whk in Mei, maar minder geld bestee

Stad Windhoek het 164 bouplanne in Mei goedgekeur, 25 persent meer as die 131 in April. Die planne het ‘n waarde van 121 miljoen Namibiese dollar en volgens IJG Sekuriteite wat die syfers bekend gemaak het, is dit 30 persent minder as die 173,4 miljoen dollar in April. Vanaf die begin van die jaar is 725 bouplanne in die hoofstad goedgekeur, 20,5 persent minder vergeleke met dieselfde periode verlede jaar. IJG sê 37 bouplanne, met ‘n beraamde waarde van net minder as 83 miljoen dollar is gedurende Mei voltooi.