Meer as R6-miljard uit Steinhoffrekenings verbeurd verklaar
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het beslag gelê op meer as ses-miljard Suid-Afrikaanse rand, plus rente, uit sewe plaaslike rekenings van Steinhoff. Die adjunk-president Fundi Tshazibana het die verbeurtverklarings aangekonding na oortredings van regulasies oor buitelandse valuta. Dit raak ondernemings soos Steinhoff Africa Holdings, Steinhoff International Holdings en Ibex Investment Holdings. Steinhoff het verlede jaar die bevriesing van 5,5-miljard-rand in die Hooggeregshof teengestaan. Die Reserwebank het in April ook beslag gelê op 60-miljoen-rand in kontant en eiendom van Berdine Odendaal, wat verbind word met die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste.