Meer as R480m nodig vir herstelwerk in KZN
Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, sê die beraamde koste van die herstel van elektrisiteits-, paaie- en behuisingsinfrastruktuur wat in storms beskadig is, is 481,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Swaar reën, oorstromings en ‘n tornado het dele van KwaZulu-Natal verlede week getref en tien mense is dood. Die gebiede wat die swaarste getref is, is Tongaat, Illovo, Umgababa en Kingsburgh. Kaunda sê duidelike kriteria moet neergelê word om natuurrampe aan te pak in gevalle war mense nie versekering het nie en om bedrog aan te spreek: