Meer as N$85m uitbetaal aan SME’s ter ondersteuning van groei
Die SME Ekonomiese Herstel-leningskema speel ‘n beduidende rol in die ondersteuning van die groei en volhoubaarheid van klein en medium ondernemings in Namibië, met meer as 85,9 miljoen Namibiese dollar wat aan 80 SME’s regoor die land uitbetaal is. Dit stel hulle in staat om voort te gaan met hul ondernemings terwyl hulle verdere stukrag aan die herlewing van die ekonomie verskaf. Die skema is weer bekendgestel in reaksie op die ekonomiese uitdagings wat die Covid-pandemie gestel het. Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibia se direkteur van strategiese kommunikasie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ander aansoeke word nou oorweeg.