Meer as duisend mynwerkers staak ondergronds

Die mynwerkersvakbond NUM het bevestig 1 349 mynwerkers is steeds ondergronds by Impala Platinum se Bafokeng Rasimone-myn in Rustenburg, Noordwes. Ses-honderd-69 werkers by die noord-skag en 680 by die suid-skag weier om na die oppervlak te kom nadat hulle Maandagoggend vir diens aangemeld het. Hulle is in ‘n stryd gewikkel met die myn oor pensioenfondsuitbetalings, belasting op bonusse en winsdeling-aansporings. NUM Rustenburg se streeksekretaris, Geoffrey Moatshe, sê op dag drie is daar steeds geen oplossing in sig vir die onbestrede staking nie.