Meer as 8 miljard vir Deadpool & Wolverine op eerste naweek

Marvel Studios se rolprent Deadpool & Wolverine met Ryan Reynolds en Hugh Jackman as die sterre, het meer as 8 miljard Namibiese dollar wêreldwyd in sy openingsnaweek ingeoes. Dit is die sesde meeste tot dusver die jaar en meer as 13,6 miljoen mense het kaartjies gekoop om die fliek te sien wat net soveel is as verlede jaar se lokettreffer, Barbie. Twisters, met Glen Powell in die hoofrol, het tot na die tweede plek by die loket teruggesak gevolg deur Universal en Illumination se Despicable Me 4.

Foto: Verskaf