Meer as 7 000m se riool- en waterpype in Kaapstad vervang

Die Stad Kaapstad sê hy het net die afgelope maand 7 469 meter water- en rioolpype suksesvol vervang. Daarmee kom hy sy verbintenis na om veerkragtige water- en sanitasie-infrastruktuur te bou. Die werk is in gebiede soos Simonstad, Atlantis, Melkbos, Table View, Boston, Athlone en Gugulethu gedoen. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê deur waterpype proaktief te vervang, dra die stad by om die vermorsing van water te bekamp deur ou infrastruktuur op te knap en waterlekplekke te herstel: