Meer as 50 mense sterf in kitsvloede in Spanje
Meer as 50 mense is dood in kitsvloede in die omgewing van Valencia in Suidoos-Spanje en talle word vermis. Dit het gevolg nadat stortreën en haelstorms paaie en dorpe oorstroom het, voertuie van die pad afgegwing het en geboue beskadig het. Mense is aangeraai om tuis te bly en slegs in noodgevalle te reis. Volgens die Spaanse Weerdiens is altesaam 491-millimeter reën binne agt ure in die streek aangeteken. Dit is dieselfde as ‘n hele jaar se reën.