Meer as 50 gearresteer vir verkiesing-verwante misdade

Die polisie het sedert Maandag 58 mense landwyd in hegtenis geneem en 98 dossiere oopgemaak vir misdade wat met die verkiesing verband hou. Volgens die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur is 29 verdagtes Maandag en Dinsdag tydens die spesiale stemdae vasgetrek en altesaam 29 is Woensdag op stemdag gearresteer. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, sê die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng en die Oos-Kaap.