Meer as 400 tree toe in Al Fayed-saak

Die groep Justice for Harrods Survivors wat beweerde slagoffers van die ontslape sakemagnaat Mohamed al Fayed verteenwoordig, sê meer as 400 mense het na vore gekom, insluitend nog slagoffers en getuies. Dit volg op ‘n string bewerings teen die miljardêr wat verlede jaar dood is. Dit volg op ‘n dokumentêr van die BBC waarin verskeie vroue hom van mishandeling beskuldig. Dit sluit in reeksverkragtings, poging tot verkragting, seksuele aanranding en die seksuele mishandeling van minderjariges. Die groep sê sy kliënte is van Harrods, die sokkerklub Fulham en verskeie ander plekke waar Al Fayed betrokke was.