Meer as 4 000 polisie ontplooi vir stemdag

Die Namibiese polisie sal met die Namibiese Verkiesingskommissie saamwerk om te verseker dat die verkiesings ‘n sukses is. Meer as 4 000 beamptes word vandag landwyd ontplooi. Lede van die publiek word aangemoedig om hul eie veiligheid in gedagte te hou wanneer hulle stem. Generaal-majoor Elias Mutota, adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, gee wenke aan die publiek om veilig te gaan stem.