Meer as 35% van SA-kiesers vind nie tuiste by enige party nie
Meer as 35-persent geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers voel geen politieke party onderskryf hulle siening en mening ten volle nie. Dis is volgens ʼn opname deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, en gebaseer op die menings van 2 545 geregistreerde kiesers. Ipsos-woordvoerder, Mari Harris, sê lojale ondersteuners van die ANC, DA en EFF het groot vertroue in hul partye uitgespreek, maar die breër Suid-Afrikaanse bevolking het min vertroue in dieselfde politieke partye: