Meer as 30 Nigeriërs by treinstasie ontvoer

Veiligheidsmagte in Nigerië se suidelike Edo-staat is op soek na meer as 30 mense wat deur gewapende mans by ‘n treinstasie ontvoer is. Die slagoffers was hoofsaaklik mense wat gewag het vir ‘n trein na die naburige Delta-staat. Die treinstasie is intussen gesluit terwyl die soektog na die gyselaars voortgaan. Die polisie sê ‘n aantal mense op die toneel het skietwonde opgedoen. Treindienste tussen die hoofstad, Abuja en die noordelike stad Kaduna is verlede maand hervat nadat die roete vir nege maande gesluit was. Dit het gevolg nadat agt passasiers dood en tientalle ontvoer is toe ‘n hoë-spoedtrein in Maart verlede jaar gekaap is. Die laaste van die gyselaars is eers in Oktober vrygelaat.