Meer as 2 400 dood in skudding in Afghanistan

Die dodetal na Saterdag se aardbewings in Afghanistan het tot meer as 2 400 gestyg terwyl duisende mense beseer is. Die regerende Taliban beskryf die skuddings as die dodelikste in jare terwyl die Amerikaanse Geologiese Opname dit op 6,3 vasgestel het. Meer as 1 300 geboue is beskadig of vernietig. Die middelpunt van die aardbewings was sowat 35 kilometer noordwes van die stad Herat, naby die grens met Iran. Die owerhede het dringende bystand met kos, drinkwater, medisyne, klere en tente gevra.